Oor die Rapport-toer

Wanneer jy vir fietsry lééf

Die Rapport-toer is legendaries in fietsrykringe. Dit keer van 7-11 Maart 2021 terug na die wêreldverhoog ná ’n afwesigheid van twee dekades. Die geleentheid sal opnuut die kollig plaas op die natuurskoon van die Wes-Kaap, Suid-Afrika as ’n toeristebestemming en die gasvryheid van die reënboognasie.
Die Rapport-toer is in sy eerste gedaante van 1973 tot 2000 aangebied en die terugkeer van dié resies beloof om baie herinneringe en emosie onder Suid-Afrikaanse sportgeesdriftiges te ontlok. Dit word tot vandag as Suid-Afrika se voorste internasionale toer beskou.
Die 2021-toer val saam met Rapport se vyftigste verjaardagvieringe en sluit die Rapport Classic in, ’n eendag-pretritte oor 60 km en 115 km. Dié resies vind plaas op 7 Maart, die eerste dag van die toer indien Covid-19-regulasies dit toelaat.
Die eerste vier skofte is in die Kaapse Wynland en die laaste skof is ’n tydtoets in Kaapstad.

Die Skofte

Lees meer oor die Skofte

The 2021 Toer begin in die Cape Winelands vir die eerste vier skofte, waarna dit aanbeweeg na Kaapstad vir die finale skof se tydsren.

0
7 Maart 2021: Skof 1

Skof 1 Faurestraat-stadion - Markstraat

0
8 Maart 2021: Skof 2

Skof 2 Faurestraat-stadion - Riebeeck/Markstraat-sirkelroete Truiseremonies voor die wegspring van elke kategorie.

0
9 Maart 2021: Skof 3

Skof 3 Faurestraat-stadion – bokant van die Du Toitskloofpas Truiseremonies voor die wegspring van elke kategorie.

0
10 Maart 2021: Skof 4

Skof 4 Faurestraat-stadion – die Taalmonument Truiseremonies voor die wegspring van elke kategorie.

0
11 Maart 2021: Skof 5

Skof 5 Kampsbaai-hoërskool – Seinheuwel Die tydtoets begin om 10:00 en ryers se wegspringplek word bepaal deur die algemene klassifikasie aan die einde van skof 4.

0
RAPPORT CLASSIC EENDAG PRETRITTE - 7 MAART 2021

Die Rapport Classic vind op dieselfde roete as die eerste skof van die Rapport-toer plaas, met die uitsondering van ‘n 7km sirkelroete aan die buitewyke van Durbanville wat uitgeskakel word om die Classic se langafstand binne bereik van meer pretryers te maak. Beide die lang -en kort-afstande van die Rapport Classic is lekker vining met net kort knikkies wat middelmatige uitdagings aan jaers sal stel. Daar is geen noemenswaardige klimme nie en die roete bevat ook geen passe nie.