1.

AANBIEDING TE MIDDE VAN COVID-19

Fietsry is nie ’n kontaksport nie en die toeskouers kom nie in ’n stadion byeen nie. Die regulasies maak nog nie voorsiening vir ’n massageleentheid vir fietsryers nie, maar die Rapport-toer word aangebied vir 180 uitverkore elite ryers sowel as ‘n vroue-groep en veterane-groepe en is op die fietsrykalender vir 2021 aangebring. Talle groot Suid-Afrikaanse sportbyeenkomste moes in 2020 weens die Covid-19-pandemie gekanselleer word. Dit sluit in die Twee Oseane-marathon, die Comrades-marathon en die Cape Epic-fietstoer. Aanhangers van uithou-sport kan egter nou na die Rapport-toer uitsien. Die toer bied ’n geleentheid om aan die wêreld te wys dat Suid-Afrika in een van die mees uitdagende tye in die geskiedenis steeds planne kan beraam en positief bly. Om ’n sportgeleentheid van wêreldgehalte onder dié omstandighede aan te bied sal ’n merkwaardige prestasie wees. Dit beloof om Suid-Afrikaners se gemoedere te lig en hulle iets te gee om op trots te wees. Om positief te bly en vooruit te boer te midde van moeilike omstandighede is deel van Suid-Afrikaners se DNS. Ons is gewoond daaraan om die stryd in die loopgrawe te voer. Teen die agtergrond van ons onstuimige verlede bied die toer nog ’n geleentheid om aan die wêreld te wys hoe veerkragtig ons is.

2.

INTERNASIONALE DEELNAME

Die Rapport-toer word in samewerking met Fietsry Suid-Afrika aangebied en verskeie voorste internasionale ryers het reeds aangedui dat hulle teen ons plaaslike talent wil kom kragte meet. Dit sal uiteraard afhang van die Covid-19-inperkingsmaatreëls. Indien streng beperkings op internasionale reise steeds geld, sal die toer net met plaaslike fietsryers aangebied word. Dertig spanne van ses ryers elk sal aan die toer deelneem in die elite mans-kategorie. Ons het plek vir vyf internasionale spanne uitgehou sou die Covid-19-regulasies voorsiening maak vir internasionale reise. Rapport sal blootstelling ter waarde van byna R2 miljoen aan die toer gee en só help om plaaslike ryers ’n groter mediaplatform te gee.

3.

INSKRYWINGSGELD

Die toer bied afdelings vir broepsjaers, veteraan mans sowel as beroepsvroue wat in afsonderlike bondels wegspring. Die inskrywingsgeld R4 000 per ryer. Jaers kan inskryf op www.cycleevents.co.za vir een van die volgende afdelings: Elite mans Elite vroue 30+ veterane mans 40+ veterane mans 50+ veterane mans Elite mans skryf in spanne van ses in terwyl vroue en veteran-groepe individueel inskryf.

4.

MEDIABLOOTSTELLING

Die Rapport-toer sal wye mediadekking geniet danksy verskeie media-instellings, waaronder Rapport. Rapport en Media24 sal dekking ter waarde van byna R2 miljoen gee. Rapport ondersteun die toer as deel van die koerant se vyftigste verjaardagvieringe. Die SAUK en SuperSport het ook bevestig dat hulle die toer ondersteun en sal ná die resies ’n pakket met hoogtepunte uitsaai. Mediapakkette sal ook aan alle Europese netwerke beskikbaar gestel word.