Fietsry vir Almal

RAPPORT CLASSIC  – 7 MAART 2021

Die Rapport Classic vind op dieselfde roete as die eerste skof van die Rapport-toer plaas, met die uitsondering van ‘n 7km sirkelroete aan die buitewyke van Durbanville wat uitgeskakel word om die Classic se langafstand binne bereik van meer pretryers te maak.

Die Rapport Classic bied twee afstandsposies aan – 115km en 60km. Die Classic se lang afstand neem ryers anti-kloksgewys om die Paarl oppad na Malmesbury, daarna na Durbanville en terug Paarl toe op die Suidagter-Paarlpad.

Die Classic se kortafstand volg dieselfde roete as die langafstand vir die eerste en laaste sowat 25km, maar draai kort om nie na Durbanville te ry nie.

Beide die lang -en kort-afstande van die Rapport Classic is lekker vining met net kort knikkies wat middelmatige uitdagings aan jaers sal stel. Daar is geen noemenswaardige klimme nie en die roete bevat ook geen passe nie.

Die inskrywingsfooie vir die Rapport Classic is R340 vir die 115km en R190 vir die 60km.

115km

60km

7 Maart 2021: Skof 1 (122km)

Skof 1 Faurestraat-stadion - Markstraat

8 Maart 2021: Skof 2 (130km)

Skof 2 Faurestraat-stadion - Riebeeck/Markstraat-sirkelroete
Truiseremonies voor die wegspring van elke kategorie.

9 Maart 2021: Skof 3 (156km)

Skof 3 Faurestraat-stadion – bokant van die Du Toitskloofpas
Truiseremonies voor die wegspring van elke kategorie.

10 Maart 2021: Skof 4 (136km)

Skof 4 Faurestraat-stadion – die Taalmonument
Truiseremonies voor die wegspring van elke kategorie.

11 Maart 2021: Skof 5 (6km)

Skof 5 Kampsbaai-hoërskool – Seinheuwel
Die tydtoets begin om 10:00 en ryers se wegspringplek word bepaal deur die algemene klassifikasie aan die einde van skof 4.